# Hamas gaan volgens berigte die jongste Amerikaanse voorstel vir ʼn skietstilstand in Gaza en die vrylating van gyselaars verwerp. Israel het die voorstel aanvaar wat insluit dat tien lewende en 18 oorlede gyselaars uit Gaza vrygelaat word, Palestynse gevangenes in Israelse tronke vrygelaat word en ʼn skietstilstand van 60 dae. ʼn Senior Hamas-amptenaar het aan die BBC gesê die voorstel sluit nie basiese eise soos die permanente beëindiging van die oorlog in nie. Volgens berigte is byna vier-duisend mense die afgelope tien weke in Gaza dood.
Hamas gaan volgens berigte die nuwe Amerikaanse voorstel vir ’n skietstilstand in Gaza verwerp