Skip to content

SANW-lid in Limpopo doodgeskiet

# Limpopo-polisie het ʼn ondersoek begin na die dood van ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Lulekani-township buite Phalaborwa. Die polisie sê die man is gisteroggend talle kere geskiet terwyl hy op pad was werk toe by die 7-SAI-bataljon in Phalaborwa. Vyf leë koeëldoppies is op die toneel gevind en die soldaat se besittings, insluitend sy selfone, was by hom. Die polisie sê die motief vir die moord is op hierdie stadium onbekend.