# Rugby: Die Suid-Afrikaners Griffin Colby en Quinton Immelman is ingesluit op die lys wedstrydbeamptes vir die komende Onder 20-rugbykampioenskap in Italië. Colby sal as wedstrydskeidsregter optree terwyl Immelman as televisie-wedstrydbeampte betrokke sal wees. Die paneel sluit tien skeidsregters en vyf televisiebeamptes in. Die wêreld se 12 beste spanne sal van 29 Junie tot 19 Julie in vier Italiaanse stede wedstryde speel. Suid-Afrika is in Groep A saam met die verdedigende kampioene Engeland, Australië en Skotland.
Rugby: Twee Suid-Afrikaners op wedstrydbeampte-paneel vir Onder 20-kampioenskap