# Sokker: Bafana Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, het verskeie gereelde spelers uit sy groep gelaat vir internasionale vriendskaplike wedstryde teen Mosambiek en Tanzanië vroeg volgende maand. Hy sê dit bied geleenthede vir nuwe spelers. Die groep van 23 sluit nege spelers van Orlando Pirates in, terwyl geen speler van Mamelodi Sundowns oorweeg is nie. Die Pretoriase klub sal Suid-Afrika verteenwoordig op die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika vanaf die 15de van volgende maand. Bafana speel volgende Vrydag in Polokwane teen Tanzanië, en vier dae later in Pretoria teen Mosambiek.
Sokker: Nege Pirates-spelers in Bafana se groep ingesluit vir twee internasionale vriendskaplike wedstryde