# Die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, het Israeliese aanvalle op Gaza, as kollektiewe straf van die burgerlike bevolking bestempel, in wat gesien word as van Moskou se hewigste kritiek op Israel. Die Israeliese weermag het onlangs sy offensief verskerp in wat hy noem ‘n hernieude poging om Hamas te vernietig. Lavrov sê wat in Gaza gebeur, is onbegryplik en onbeskryflik. Rusland en Israel het tradisioneel goeie betrekkinge geniet. Byna ‘n vyfde van Israel se bevolking is Russies-sprekend en Moskou het jare lank daarna gestreef om vriendelike verhoudings met alle groot moondhede in die Midde-Ooste te handhaaf.
Rusland veroordeel Israel se optrede as kollektiewe straf van Gaza bevolking