# Rugby: Suleiman Hartzenberg en Dan du Plessis sal as die senters op die veld draf in die afwesigheid van die geskorste Damian Willemse wanneer die Stormers môreaand teen Glasgow Warriors in ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd in Skotland te staan kom. Sacha Feinberg-Mngomezulu en Stefan Ungerer is weer die skakelpaar met Herschel Jantjies en Manie Libbok wat op die reserwebank is. Evan Roos neem weer sy plek op agsteman in en kaptein Salmaan Moerat begin as slot saam met Ruben van Heerden. Afskoptyd is om 8.35.
Rugby: Stormers kies Hartzenberg en Du Plessis as senterpaar teen Glasgow in VRK-kwarteindstryd