Skip to content

Oudregter Sisi Khampepe gaan kommissie van ondersoek na apartheidsmisdade lei

# President Cyril Ramaphosa het ‘n oudregter van die Konstitusionele Hof, Sisi Khampepe, aangestel om ‘n geregtelike kommissie van ondersoek te lei na vertragings met ondersoeke en vervolging van misdade uit die apartheidsera. Die kommissie sal probeer vasstel of pogings aangewend is om in te meng met ondersoeke of sake te laat ontspoor wat die Waarheids- en Versoeningskommissie identifiseer het. Khampepe, regter Frans Kgomo en advokaat Andrea Gabriel is ses maande gegee om die werk te voltooi en geregtigheid en afsluiting aan slagoffers en hul naasbestaandes te bied.