# Die Withuis het gereageer op ‘n hofuitspraak wat president Donald Trump se omvattende wêreldwye tariewe keer en sê onverkose regters kan nie ‘n nasionale noodsituasie behoorlik hanteer nie. Die Internasionale Handelshof in Manhattan het beslis die Internasionale Noodwet op Ekonomiese Magte van 1977, waarop Trump hom beroep het, verleen nié aan die president eensydige mag om tariewe op byna elke land in te stel nie. Die Withuis-woordvoerder, Kush Desai, sê die administrasie sal al sy uitvoerende magte inspan om ‘n oplossing vir die tariefkrisis te vind.
Withuis kritiseer hof-uitspraak wat stokkie steek voor Trump se wêreldwye tariefverhogings