Skip to content

EFF sê Padongelukkefonds-hoof Collins Letsoalo word geteiken

# Die EFF sê die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, word nie net geteiken oor sy transformasiewerk nie, maar ook oor sy dapper standpunt teen korrupsie in die regbank. Hy is op spesiale verlof geplaas. ‘n Uitgelekte voorlopige verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid betrek Letsoalo by moontlike oortredings van 79-miljoen-rand by ‘n huurkontrak vir die fonds se streekkantoor in Johannesburg. Die EFF sê hulle sal die minister van Vervoer, Barbara Creecy, skriftelik versoek vir ‘n volledige verduideliking van die besluit oor Letsoalo.