Skip to content

’n Amerikaanse handelshof keer dat Trump omvattende globale tariewe instel

# Die Amerikaanse Internasionale Handelshof het bevind president Donald Trump het sy gesag oorskry deur omvattende, globale tariewe op invoere in te stel. Die paneel van drie regters in New York sê die Wet op Internasionale Ekonomiese Nood-magte van 1977 wat Trump aanhaal om die tariewe te regverdig, gee hom nie mag om dit in te stel nie. Die onafhanklike Liberty Justice Centre het die saak aanhangig gemaak. Die hof het ten gunste van ʼn permanente verbod beslis wat die globale tariewe moontlik kan keer. Die Trump-administrasie het geappelleer.