Skip to content

Personeelvereniging van Motorbedryf bekommerd oor min dokters voor NGV in werking tree

# Die Personeelvereniging van die Motorbedryf sê die aantal dokters in Suid-Afrika is gevaarlik min, met slegs 0,3 dokters vir elke een-duisend mense, wat ver minder as die internasionale standaard is. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het tydens ‘n webinaar oor die bestuur van Nasionale Gesondheidsversekering, vakbonde aangespoor om die NGV te ondersteun en die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het bevestig slegs 800 van die een-duisend-800 werklose dokters kan in diens geneem word. Sonja Carstens van die vereniging waarsku daar moet aandag gegee word aan hierdie tekort voor die NGV in werking tree.