# Krieket: Engeland se snelbouler, Gus Atkinson, gaan die eendagreeks teen die Wes-Indiese Eilande misloop weens ‘n dyspierbesering. Die reeks begin môre op Edgbaston. Atkinson is die tweede speler wat weens ʼn besering onttrek nadat Jofra Archer ook uit is weens ʼn beseerde duim. Die 27-jarige Atkinson is nie gekies vir die reeks van drie T20-wedstryde wat op die eendagreeks volg nie. Hy sal na verwagting wel fiks wees vir die reeks van vyf toetse teen Indië wat die 20ste van volgende maand op Headingley begin.
Krieket: Gus Atkinson van Engeland nie beskikbaar vir eendagreeks teen Windies nie