Skip to content

Krieket: Suid-Afrika, Namibië speel in Oktober die eerste keer teen mekaar in ‘n T20-wedstryd

# Krieket: Die Protea-mansspan en Namibië kom op 11 Oktober in Windhoek teen mekaar te staan in die eerste T20-wedstryd tussen die buurlande. Dit vind plaas tydens die inwyding van Namibië se nuwe krieketstadion wat wedstryde sal aanbied tydens volgende jaar se Onder-19 Wêreldbekertoernooi en die eendag-Wêreldbekertoernooi die jaar daarna. 2027 se toernooi word gesamentlik aangebied deur Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Pholetsi Moseki, sê hulle is trots om deel te wees van die geskiedkundige geleentheid.