Skip to content

Rekordbywoning tydens loopbaanuitstalling by Kaapstadse biblioteke

# Meer as vierduisend-500 leerders het tot dusver vanjaar 13 loopbaanuitstallings by biblioteke in Kaapstad bygewoon. Die Stad sê dis byna dubbeld soveel as verlede jaar en bevestig die groeiende vraag na programme vir jeuggeleenthede. Die uitstallings word aangebied deur die Biblioteek- en Inligtingsdienste en die Departement Gemeenskaps-, Kuns- en Kultuurontwikkeling. Die metro sê die loopbaanuitstallings weerspieël sy voortgesette verbintenis om deur beleggings in die jeug ‘n veiliger en gesonder stad te bou.