Skip to content

Amerika se spesiale gesant sê ’n Gaza-skietstilstandooreenkoms is gereed

# Amerika se spesiale gesant, Steve Witkoff, sê ʼn skietstilstand/gyselaar-ooreenkoms vir Gaza wat die weg kan baan vir ʼn einde aan die oorlog is tans op die tafel. Dit volg nadat Israel sy militêre optrede in Gaza verskerp het. Die naweek is minstens 54 Palestyne dood waarvan die meeste in ʼn skool geskuil het wat ontheemde gesinne huisves. Witkoff het aan CNN gesê die voorstel sluit in dat die helfte van die lewende gyselaars en die helfte van dié wat gesterf het, oorhandig word in ruil vir ʼn wapenstilstand.