# Sokker: Die Premierligaspan, Aston Villa, het ʼn amptelike klagte ingedien teen die skeidsregter Thomas Bramall en beskuldig hom dat hy ʼn beslissing gemaak het wat hulle ʼn plek in volgende seisoen se Kampioeneliga kan kos. Bramall het Morgan Rogers se doel in die 73ste minuut van die kragmeting met Manchester United gekanselleer terwyl die telling nul-elk was, en die middelveldspeler van vuilspel teen doelwagter Altay Bayindir beskuldig. United het die wedstryd 2-0 gewen. Villa sê so ʼn belangrike wedstryd moes ʼn meer ervare skeidsregter gehad het.
Sokker: Aston Villa dien klagte in teen skeidsregter se beslissing