# Die DA sê dis tyd vir die regering om vertroue te herbou, integriteit te herstel en werklike aanspreeklikheid van die Departement van Verdediging te vereis. President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid gemagtig om ondersoek in te stel na ernstige bewerings van korrupsie en wanbestuur in die departement. Chris Hattingh van die DA sê ten spyte van verskeie toesigverslae deur die Parlement, was daar geen betekenisvolle optrede nie, en daarom is hierdie eksterne ingryping nou noodsaaklik:
DA sê die regering moet aanspreeklikheid van Departement van Verdediging eis [KLANK]
AFR ChrisonAccountability