Skip to content

IRV sê minister Malatsi se pragmatiese stappe word verwelkom, maar groter treë is nodig vir ekonomiese groei

# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, se besluit om die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika opdrag te gee om regulatoriese veranderinge in die telekommunikasiesektor dringend te oorweeg, is ‘n welkome stap om Suid-Afrika na ‘n groeivriendelike omgewing te verander. Malatsi het aangekondig dat die regering die vereiste 30% breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging sal aanpas om die toetrede van Elon Musk se Starlink tot die Suid-Afrikaanse mark te vergemaklik. Hermann Pretorius van die IRV sê daar is nog ‘n lang pad wat voorlê om alle groeihindernisse te verwyder.