# Motorsport: Die McLaren-jaer Lando Norris spring voor weg in die Monaco Grand Prix, met Charles Leclerc van Ferrari langs hom. Lando Norris se spanmaat en voorloper in die kampioenskap, Oscar Piastri, het derde gekwalifiseer. Lewis Hamilton van Ferrari was vierde vinnigste maar die sewemalige wêreldkampioen is met drie posisies gestraf nadat hy Red Bull se Max Verstappen vertraag het, wat nou vierde begin. Dis moeilik om in Monaco verby te steek en die voorste wegspringplek is ‘n groot voordeel. Die wedren is sedert 1950 nog net tien keer gewen deur ‘n renjaer wat laer as derde begin het.
Motorsport: Norris spring voor weg in Monaco, Hamilton met drie posisies gestraf