# Tennis: Die wêreld se twee voorste manspelers, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz, begin môre met hulle Franse Ope-veldtogte in Parys. Sinner speel in die eerste ronde teen die plaaslike speler Arthur Rinderknech en Alcaraz, die verdedigende kampioen, teen die gewese wêreld-nommer-vier, die 35-jarige Kei Nishikori van Japan. Verlede jaar se naaswenner, Alexander Zverev van Duitsland, pak die Amerikaanse tiener Learner Tien. Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic van Serwië, wat die toernooi al drie keer gewen het, speel teen die Amerikaner Mackenzie McDonald.
Tennis: Sinner, Alcaraz begin môre met hulle Franse Ope-veldtogte