Skip to content

Gauteng kry meer as R320-miljard by beleggingskonferensie

# Die Gautengse regering het meer as 320-miljard-rand by die onlangse Gautengse Beleggingskonferensie verkry. Die geld sal werkskepping en -ontwikkeling regoor die provinsie ondersteun. Premier Panyaza Lesufi het onthul dat die meeste beleggings van BRICS-lande afkomstig is en het belowe om die geld doeltreffend te gebruik. Hy het bygevoeg dat Gauteng binnekort soos ‘n konstruksieterrein sal lyk. Hy het beleggers bedank vir die ondersteuning van die provinsie se visie vir groei en transformasie.