# ActionSA sê sy besoek aan Tshwane se infrastruktuur-projekte het die vooruitgang onder burgemeester Nasiphi Moya se leierskap gewys. Sleutelterreine sluit die Olievenhoutbosch-kliniek waar gesondheidsorg na ure gebied sal word en die Eldoraigne Substasie in. Laasgenoemde gaan teen ‘n koste van 112-miljoen-rand opgradeer word. Die kliëntedienssentrum in Centurion gaan ‘n begroting van 304-miljoen-rand hê om dienslewering te verbeter. ActionSA sê hierdie beleggings wat in die begroting van 2025/2026 is, dui op ‘n bestendige ommekeer waar gefokus word op noodsaaklike dienste en vorige bestuursmislukkings aangespreek word.
ActionSA loof vordering in Tshwane se infrastruktuur-projekte