Skip to content

VF Plus sê Trump het waarheid oor Suid-Afrika ontbloot

# Die Vryheidsfront Plus sê president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met Amerika se president Donald Trump het Suid-Afrika ontbloot as ʼn land wat geteister word deur geweld, ʼn sukkelende ekonomie, infrastruktuur wat ineenstort en ʼn algehele gebrek aan groei. Trump het Ramaphosa Woensdag tydens ʼn vergadering in die Withuis beskuldig van volksmoord teen wittes, insluitend bewerings van massamoorde en grondbesettings. Die VF Plus sê die wêreld weet nou Suid-Afrika is ʼn land waar Afrikaners en ander minderhede geboelie, onderdruk en gemarginaliseer word deur rasgebaseerde wetgewing.