# Rugby: Die gewese Nieu-Seelandse kaptein, Sam Cane, en die Ierse legendes Peter O’Mahony en Conor Murray is die eerste spelers wat ingesluit is in die Barbarians-span wat volgende maand in Kaapstad teen Suid-Afrika speel. Die drie, wat altesaam in 352 toetse uitgedraf het, verteenwoordig die span die eerste keer. Hoofafrigter Robbie Deans sê sy groep sal bestaan uit internasionale hoëprofiel-sterre en ander uitsonderlike presteerders van Europese klubs, Super Rugby en die Japanse liga.
Rugby: Cane, O’Mahony en Murray in Barbarians-groep wat met Springbokke kragte meet