Skip to content

Tennis: Sinner, Alcaraz sal jongste top-gekeurde spelers in ‘n Grand Slam-toernooi wees sedert Roger, Rafa

# Tennis: Die wêreld se voorste twee spelers, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz, sal die jongste top-gekeurde spelers in ‘n Grand Slam-toernooi in byna twee dekades wees wanneer die Franse Ope Sondag in Parys begin. Die Switserse meester Roger Federer was 25 en Alcaraz se landgenoot, Rafael Nadal, 20 toe hulle in 2006 die eerste- en tweede-gekeurde spelers in die Amerikaanse Ope was. Sinner is 23 en Alcaraz 22. Hulle keuring beteken hulle sal mekaar nie voor die eindstryd op Roland Garros teëkom nie.