# Eerste minister Benjamin Netanyahu het verhoogde sekerheidsmaatreëls ingestel by Israelse diplomatieke sendings wêreldwyd nadat ‘n gewapende man wat “free Palestine” geskree het, twee ambassadepersoneellede voor ‘n Joodse museum in Washington doodgeskiet het. Die minister van Buitelandse Sake, Gideon Saar, het die moorde toegeskryf aan ‘n vlaag anti-Semitiese en anti-Israelse aanhitsing en sê Europese regerings moet ook die skuld kry. Netanyahu het bevele uitgereik om sekerheidsmaatreëls by Israelse sendings wêreldwyd te verbeter en die beskerming van staatsverteenwoordigers te verhoog.
Netanyahu beveel strenger sekerheid nadat ambassade-personeellede in Washington vermoor is