Skip to content

Rand Water bevestig Tshwane water is veilig ten spyte van ‘n gelerige tot bruinerige skynsel [KLANK]

# Rand Water het bevestig dat Tshwane se water steeds veilig is om te drink, ten spyte van ‘n gelerige tot bruinerige skynsel wat in verskeie gebiede gesien word. Woordvoerder van die Stad Tshwane, Lindela Mashigo, sê die verandering in kleur is as gevolg van die vinnige opvul van die Vaaldam, wat natuurlike organiese materiaal vrystel. Toetse toon dat die watergehalte binne nasionale standaarde bly. Hy beklemtoon dat Tshwane en Rand Water die situasie steeds noukeurig sal monitor:

ENG-MashigoOnDiscolouration