# Motorsport: Ferrari se spanhoof, Fred Vasseur, sê hulle moet hul kwalifiserende uitslae verbeter voor die naweek se Monaco Grand Prix. Charles Leclerc se beste kwalifiserende uitslag tot dusver die seisoen was derde op die wegspringrooster en Lewis Hamilton vyfde. Albei jaers is in die tweede kwalifiserings-ronde uitgeskakel in verlede naweek se Emilia Romagna Grand Prix. Vasseur sê dis duidelik dat hulle die laaste drie of vier Grand Prix ‘n baie vinniger pas in die wedrenne gehandhaaf het as in die kwalifiserende rondes, wat frustrerend is.
Motorsport: Ferrari se spanhoof sê hulle prestasie in die kwalifiserende rondes moet verbeter