# Die burgerlike beweging Soil of Africa veroordeel ‘n lyfstrafvoorval by die Soshanguve South Secondary School. ‘n Video wat wyd op sosiale media versprei is, wys twee mense wat sambokke gebruik om leerders te slaan wat in ‘n ry by die skool staan nadat hulle glo laat gekom het. Volgens die verslag het gemeenskapslede die skolierpatrolleerders oorweldig en die leerders in die skool aangerand. Die voorsitter van Soil of Africa, Bongani Ramotja, sê die barbaarse aanval is ‘n wekroep oor die voortdurende geweld in sommige skole in Tshwane:
Soil of Africa eis geregtigheid vir lyfstrafvoorval by Soshanguve-skool [KLANK]
ENG BonganionSoshanguve