# Owerhede in Frankryk het ‘n reuse-operasie van stapel gestuur om die gebruik van miniatuur-selfone in gevangenisse landwyd te stop, en 66 gevangenisse in die land deursoek in ‘n poging om beslag te lê op duisende sulke toestelle. Die operasie, genaamd “Prison Break”, is daarop gemik om ‘n stokkie te steek voor die gebruik van die fone in tronke, wat deur ‘n Chinese onderneming vervaardig en in Frankryk herverkoop word. Die gebruik van die toestelle lei tot wetteloosheid in tronke, met gevangenes wat dwelmtransaksies selfs van agter tralies kan reël.
Frankryk deursoek 66 gevangenisse om gebruik van miniatuur-selfone te stop