# Sokker: Amajita is vandag terug in die land as die kampioene van die Onder-20 Afrika-beker nadat hulle Marokko met 1–nul in die eindstryd in Kaïro, Egipte, geklop het. Dit is Suid-Afrika se eerste titel in die toernooi, 28 jaar nadat hulle in 1997 die laaste keer in die eindstryd gespeel het. Die agttienjarige Gomolemo Kekana het die wendoel aangeteken om die oorwinning te beklink. Die span het die individuele toekennings oorheers. Tylon Smith is aangewys as Beste Speler, terwyl Fletcher Lowe as beide Beste Doelwagter en Speler van die Wedstryd in die eindstryd aangewys is.
Sokker: Amajita terug in die land as onder-20 konings van Afrika na geskiedkundige oorwinning