# Sokker: Die Ballon d’Or-toekenningsgeleentheid sal vanjaar op 22 September plaasvind, en die eerste keer sal daar ewe veel toekennings vir vroue as vir mans wees. Toekennings vir die beste vroulike doelwagter, beste jong vroulike speler en die top doelskieter onder vroue is bygevoeg vir die seremonie in Parys. Daar sal ook ’n bykomende prys wees – die Socrates-toekenning vir optrede wat solidariteit bevorder, kan deur ‘n man of ‘n vrou gewen word. Die benoemings sal vroeg in Augustus aangekondig word.
Sokker: Mans en vroue kry die eerste keer dieselfde aantal benoemings in Ballon d’Or