Skip to content

Tennis: Sinner tevrede met sy spelpeil al het hy teen Alcaraz verloor in Rome

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, sê hy is tevrede met sy spelpeil ondanks sy nederlaag teen die nomemr twee, die Spanjaard Carlos Alcaraz, in Sondag se eindstryd van die Italiaanse Ope. Die plaaslike held het uitstekend gespeel na sy terugkeer ná ’n opkikker-skorsing van drie-maande, maar Alcaraz was net te sterk. Sinner sê sy fisieke toestand gee hom vertroue vir die Franse Ope wat Sondag in Parys begin. Alcaraz is die verdedigende kampioen en oorheers op kleibane, terwyl die Italianer se drie Grand Slam-titels almal op hardebane ingepalm is.