Skip to content

Sewe skoolmeisies van Johannesburg in hof vir beweerde aanranding

# Sewe skoolmeisies tussen 13- en 15-jaar-oud, het vandag in ‘n Landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van aanranding. Die Gautengse polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê hulle word aangekla van die aanranding van ‘n 14-jarige leerder in Bellevue nadat ‘n video vroeër die maand wyd gedeel is op sosiale media. Masondo het bevestig die meisies is later in hul ouers se sorg vrygelaat, kragtens die Wet op Kindergeregtigheid. Die voorval het openbare kommer gewek oor geweld by skole en die rol van sosiale media om sulke dade bloot te lê.