Skip to content

Joe Biden met aggressiewe vorm van prostaatkanker gediagnoseer

# Oudpresident Joe Biden van Amerika is met ʼn aggressiewe vorm van prostaatkanker gediagnoseer wat na sy skelet versprei het. Die 82-jarige Biden is Vrydag gediagnoseer toe hy die dokter vir urienwegsimptome besoek het. Sy kantoor sê al is dit ʼn aggressiewe soort, is dit sensitief vir hormone en kan behandel word. Hy sê die oudpresident en sy familie oorweeg opsies vir behandeling. Prostaatkanker is naas velkanker die tweede algemeenste kanker onder mans.