Skip to content

Rugby: Stormers klop Cardiff en gaan deur na VRK-uitspeelrondes

# Rugby: Die Stormers het hul plek in die uitspeelrondes van die Verenigde Rugbykampioenskap verseker nadat hulle Cardiff gisteraand in die Kaapstad-stadion met 34-24 geklop het. Die Stormers se punte is aangeteken deur vleuel Suleiman Hartzenberg wat in sy 50ste wedstryd twee drieë gedruk het, nog twee deur die senter Leolin Zas, en doelskoppe deur Damian Willemse en Sacha Feinberg-Mngomezulu, wat ook met ‘n strafskop geslaag het. Die rustydtelling was 19-12. Die Bulle pak vanmiddag die Dragons op Loftus, die Leeus speel teen Osprey in Johannesburg, met die Haaie wat vanaand in Durban teen die Scarlets te staan kom.