# Rugby: Die vleuel Edwill van der Merwe en die senter Marius Louw speel vandag die laaste keer vir die Leeus in die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ospreys in Johannesburg. Van der Merwe sluit volgende seisoen by die Haaie aan, terwyl Louw vir Sale Sharks in Engeland gaan speel. Die belowende jong losskakel Lubabalo Dobela sal die eerste keer die nommer 10-trui dra. Die Leeus het weereens nie die liga-fase van die kompetisie oorleef nie nadat hulle slegs sewe van hul 17 wedstryde gewen het.
Rugby: Van der Merwe, Louw speel vandag hulle laaste wedstryd vir die Leeus