Skip to content

Rugby: Ramaphosa sê Cornal Hendricks het beduidende probleme oorkom om sy passie vir rugby uit te leef

# Rugby: President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan die voormalige Springbok-vleuel Cornal Hendricks en gesê hy sal met trots en waardering onthou word. Die 37-jarige is Woensdagaand aan ‘n hartaanval oorlede. Hy het 12 toetse vir die Bokke gespeel en Boland, die Cheetahs en die Bulle verteenwoordig. Ramaphosa sê Hendricks het in sy jeug groot teenspoed oorkom om sy passie vir rugby uit te lewe. Hy sê Hendricks se lewe van persoonlike prestasie en maatskaplike invloed deur die Cornal Hendricks-stigting is te gou kortgeknip.