# Die Raad van die Openbare Beleggingskorporasie het kabinetsgoedkeuring van Patrick Dlamini as die nuwe hoof uitvoerende beampte verwelkom. Sy aanstelling tree op 1 Junie in werking. Dlamini, die voormalige hoof van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, het bykans 30 jaar se leierskapservaring in die rol. Die raad het die uittredende hoof, Abel Sithole bedank vir sy rol in die stabilisering en groei van die OBK se bates tot meer as drie duisend-miljard-rand. Die OBK-voorsitter David Masondo het Sithole bedank vir sy etiese leierskap en gesê Dlamini is goed geposisioneer om die korporasie se mandaat te bevorder.
Openbare Beleggingskorporasie verwelkom goedkeuring van Patrick Dlamini as uitvoerende hoof