Skip to content

NERSA keur wysigings aan petroleumpyplynlisensie in KwaZulu-Natal goed

# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het wysigings aan petroleumpyplynlisensies in KwaZulu-Natal goedgekeur. Die veranderinge behels die verwydering van ru-olie-infrastruktuur vanuit Sasol Oil en TotalEnergies se gesamentlike lisensie. Dit volg nadat TotalEnergies sy belang in die Natref-raffinadery aan Prax Suid-Afrika verkoop het. ‘n Nuwe gesamentlike lisensie is ook toegestaan aan Sasol Oil en Prax SA vir bedrywighede by Prospecton en Island View. NERSA sê dié besluite is daarop gemik om te verseker daar is kontinuïteit en sekerheid in Suid-Afrika se petroleumvoorsieningsketting.