Skip to content

Trump onderteken belangrike ooreenkomste met Katar, onder andere oor verdediging

# President Donald Trump van Amerika het ʼn reeks ooreenkomste met Katar onderteken, insluitend een waar dié land 160 straalvliegtuie van die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger, Boeing, sal koop. Trump het Katar gister besoek op die tweede deel van sy vierdaagse toer in die Midde-Ooste. Katar het ʼn belangrike rolspeler geword in Amerikaanse diplomatieke pogings in die Midde-Ooste. Die land is ook ʼn belangrike bemiddelaar in onderhandelings tussen Amerika en Hamas. Daar is ook ʼn verklaring van voorneme oor samewerking op verdedigingsgebied tussen Amerika en Katar onderteken.