# Gholf: Die Meesters-kampioen, Rory McIlroy, speel saam met die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, en die verdedigende kampioen Xander Schauffele in die eerste twee rondes van die Amerikaanse PGA-kampioenskap. McIlroy wil die eerste speler word om die eerste twee majors van die jaar te wen sedert Jordan Spieth in 2015 die Meesters en Amerikaanse Ope gewen het. Spieth is in dieselfde groep as Patrick Reed en die Ryderbeker-ster, Ludvig Åberg. Suid-Afrika se voorste speler, Thriston Lawrence, is ingedeel saam met die Amerikaner Nick Dunlap en Harry Hall van Engeland.
Gholf: McIlroy, Scheffler en Schauffele saam ingedeel by Amerikaanse PGA-kampioenskap