Skip to content

Department van Vervoer bevestig verlengde werksure by Bestuurslisensiekaart-agentskap om agterstand in te haal

# Die Departement van Vervoer het bevestig dat verlengde werksure by die Bestuurslisensiekaart-agentskap geïmplementeer sal word om ‘n agterstand van meer as 740-duisend ongedrukte bestuurslisensiekaarte aan te spreek. Dit volg op die herstel van die agentskap se drukker, wat sedert Februarie buite werking is. Woordvoerder van die departement, Collen Msibi, sê dat pogings om nuwe masjiene aan te koop, vertraag is weens onreëlmatighede wat deur die ouditeur-generaal geïdentifiseer is. Hy sê die departement soek uitsluitsel van die hof of hulle met die huidige diensverskaffer moet voortgaan.