# Rugby: Voormalige Engelse skrumskakel Danny Care het aangekondig dat hy aan die einde van hierdie seisoen sal uittree. Die 38-jarige het oor ‘n tydperk van 16 jaar 101 toetse vir Engeland gespeel en sy internasionale loopbaan ná verlede jaar se Sesnasiestoernooi beëindig. Hy het aan twee Wêreldbekertoernooie deelgeneem en was deel van Engeland se Grand Slam-span van 2016, asook van die Sesnasieskampioenspan in 2011 en 2017. Care het byna 400 wedstryde vir Harlequins gespeel, en het die Premierskap twee keer gewen en die Uitdaagbeker in 2011.
Rugby: Voormalige skrumskakel van Engeland neem finaal afskeid van rugby