# ’n Verslag vir die Verenigde Nasies sê Gaza se bevolking van ongeveer 2,1 miljoen Palestyne is aan ’n kritieke risiko van hongersnood blootgestel en ervaar uiterste vlakke van voedselonsekerheid weens die voortdurende Israelse versperring van humanitêre hulp. Volgens die verslag was daar ‘n verbetering tydens die wapenstilstand van twee-maande tussen Israel en Hamas, maar die situasie het weer versleg toe die vyandelikhede hervat is. Sowat 244-duisend-mense ervaar tans katastrofiese vlakke van voedselonsekerheid. Die verslag vra dringende optrede om die toenemende risiko van hongersnood te verhoed.
VN-verslag sê Gaza se hele bevolking word blootgestel aan kritieke risiko van hongersnood