Skip to content

Rugby: Voormalige Engelse, Leeus-slot volg Michael Cheika oor as afrigter van Leicester Tigers

# Rugby: Die voormalige Engelse en Britse en Ierse Leeus-slot Geoff Parling is die nuwe afrigter van die Engelse klub Leicester Tigers, vir wie hy tussen 2009 en 2015 93 wedstryde gespeel het. Hy neem binnekort oor by die gewese hoofafrigter van die Wallabies en die Pumas, Michael Cheika. Die 41-jarige Parling het tussen 2012 en 2015 29 toetse vir Engeland gespeel, en in 2013 in Australië vir die Leeus. Hy is tans die Wallabies se hulp-afrigter en ook die Leeus se lynstaan-afrigter vir vanjaar se toer in Australië.