Skip to content

Voormalige veldwagter een van twee mans gevang vir onwettige jag in Krugerwildtuin

# Die Skukuza-polisie het gister ‘n 59-jarige voormalige veldwagter en ‘n 37-jarige man in hegtenis geneem vir onwettige jag en betreding in die Krugerwildtuin. Veldwagters het tydens patrollies vier mans opgemerk waarvan twee gevlug het en twee vasgetrek is met ‘n vlakvark, ’n impalakop en strikke. Polisiewoordvoerder Thulisile Magagula sê een verdagte het ‘n veldwagter-uniform gedra en staan reeds tereg op aanklagte vanaf 2021. Albei sal in die Masoyi-rondgaande hof verskyn.