Skip to content

Tiger Brands bied ‘n skikking vir sekere eisers in listeriose-groepsgeding

# Tiger Brands het bevestig dat die prokureurs wat hul hoof-herversekeraar verteenwoordig, ’n skikkingsaanbod aan eisers se regsverteenwoordigers voorgelê het as deel van ’n moontlike algehele oplossing vir die listeriose-groepsgeding. Een-duisend-en-sestig gevalle van listeriose is tussen Januarie 2017 en Julie 2018 aangemeld. Tiger Brands sê hulle bied betalings aan vir eisers wat listeriose opgedoen het wat deur ST6 veroorsaak is, vir afhanklikes van broodwinners wat aan ST6-verwante listeriose oorlede is, en vir eisers wie se afhanklikes wat onder hul sorg was, listeriose opgedoen het wat deur ST6 veroorsaak is.