# Die Departement van Gesondheid sê hy wil in die komende maande nog 200 verpleegkundiges werf om werksladings te verlig en sorg te verbeter. Dis vandag Internasionale Verpleegkundedag met die tema: Ons verpleegkundiges. Ons toekoms. Die versorging van verpleegkundiges versterk ekonomieë. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die werwing van meer verpleegkundiges is deel van die menslike-hulpbronstrategie vir gesondheid vir 2030. Hy sê dit hou verband met die land se plan vir universele gesondheidsorg onder die Nasionale Gesondheidsversekering:
Gesondheidsdepartement wil nog 200 bykomende verpleegkundiges aanstel [KLANK]
ENG FosteronNurses