Skip to content

Tennis: Alcaraz, Sabalenka, Zverev en Gauff deur na laaste 16 van Italiaanse Ope

# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz is steeds op dreef om sy eerste Italiaanse Ope-titel te wen ná ‘n oorwinning oor Laslo Djere van Serwië vir ‘n plek onder die laaste-16. Die Spanjaard speel volgende teen die Rus Karen Khachanov, wat die Italiaanse gunsteling Francesco Passaro geklop het. Die verdedigende kampioen, Alexander Zverev van Duitsland, het die Litause kwalifiseerder Vilius Gaubas uitgeskakel. In die vroue-afdeling is die wêreld- nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, die Amerikaner Coco Gauff en die Rus Mirra Andreeva ook deur na die vierde ronde.